![]() |
||||||||||||||||||||||||
LATEST RELEASE |
|
REVIEWS |
CATALOGUE |
|||||||||||||||||||||
|
|
kaapse
etiket mik 'links van sentrum' na eeue
van musiek is die opdrag om kreatief te wees 'n steeds groter uitdaging.
met geimproviseerde musiek kan kunstenaars tap uit die kollektiewe onderbewuste
en die innerlike lewe, wat vloeibaar is. impulsiewe musiek oortref ook
bestaande kategoriee en vertroude style. sui is benguela se derde album, en 'n dubbel-album daarby. die eerste cd bevat oorspronklike klanke wat voor 'n gehoor van dertig vriende opgeneem is. die musiek begin sag en subtiel, maar raak algaande meer lewendig en direk. dis dinamiese instrumentale musiek, waarin die perspektiewe steeds verander. op die tweede cd interpreteer bekende en opkomende mengmeesters benguela se musiek. brendon
bussy is as kassieke musikant opgelei, maar het hom na 'n besering op
die rekenaar en elektroniese musiek toegespits. diesel geiger is sy
debuut, waarop hy sensitiewe stemmingsmusiek speel. hy gebruik opnames
van stemme en klassieke instrumente, wat hy digitaal behandel. in januarie
verlede jaar het alex van heerden en derek gripper op die plaas sagtevlei
buite tulbagh musikale idees uitgeruil. hulle wou onderbeklemtoonde
musiek maak, wat die landskap om hulle weerspieel, terwyl dit introspeksie
in 'n soort beswyming word. van die albums is die strekste een waarskynlik ek is legio deur enkeleen. ian watson van blackmilk-faam het twee jaar lank instrumente en vriende opgeneem om wat hy noem "vrye orgaanika" te skep. dis akoestiese elektronika, wat gewoonlik uit tromme , 'n baskitaar en uitheemse elektroniese geluide bestaan. ek is legio behals ongewone ritmes en klanke wat stry teen alles wat gewoon is. dit klink soms na oosterse musiek en soms na iets van 'n verafgelee planeet. hoewel open record trots kan wees op die vasberade en oorspronklike musikante in sy stal, sal hierdie albums waarskynlik net 'n beperkte, maar tevrede, gehoor lok. dit is nie vir saamsing of dans bedoel nie, maar kan goed werk as klankbane vir video's, advertensies en rolprente. avontuurlus en 'n oop gemoed is nodig. asook die hunkering na iets wat werklik nuut is. |
all content © open record cc. all rights reserved. CONTACT distributed
in south africa by
|
|||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||